3 maande gelede
Premier vir en tussen die mense
zamani saul, noord-kaap
Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het groot planne vir sy provinsie.  ~ Facebook

Die nuwe premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, score omtrent brownie points.

Hy het met sy inhuldiging beloof om 23 nuwe ambulanse vir die provinsie te koop, pleks van die geld te mors op nuwe karre vir sy ministers.

Sy inhuldigingspeech was boonop nog deliver in Lerato Park informele nedersetting. Daar het Saul belowe om ‘n visible premier te wees – “tussen die mense en minder in gerieflike kantore”.

Saul sê: Top of Form

“Leierskap is nie roem nie, ons verantwoordelikheid is om mense te dien.”

Die provinsie se eerste burger sê hy is ook nie gek oor rooi tapyt events nie.

“Ons is nie celebrities nie. Ek sal selfs ‘n red carpet verwyder as ek dit sien.”

Die man met ‘n meestersgraad in ontwikkelingstudies en doktersgraad in regte het groot planne.

Van sy planne is die stigting van ‘n provinsiale mynmaatskappy en ook ‘n premier sokkerliga-span.

Volgens Saul word die land se rou materiaal na ander lande gestuur en so ook werksgeleenthede.

Hy wil ook kyk om tenderprosesse te skrap en na moontlike insourcing van ondersteuningsdienste. Dit sluit in sekuriteitswagte, skoonmaakdienste en nog meer.

“Hoekom kan ons hierdie outjies nie insource nie?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters