2 maande gelede
PRASA hoë se saak weer uitgestel
Prasa Hoë
Mthuthuzeli Swartz en Syed Mohiudeen se sak van bedrog en diefstal is uitgestel tot 11 Oktober  ~ News24

DIE bedrog en diefstalsaak van 'n voormalige hoë van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) en 'n sakeman is tot 11 Oktober uitgestel.

Mthuthuzeli Swartz en Syed Nadhir Mohiudeen staar klagte van bedrog van sowat R1.5m in die handelshof in Port Elizabeth in die gesig.

Die twee word daarvan beskuldig dat hulle sowat 42km van die spoorweg, wat staatseiendom is, verkoop het.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap sê: "Die aangeklaagdes se prokureurs het gevra vir meer tyd om die dossier te bestudeer.

GroundUp berig Swartz se lawyer, Mike Cherry, is vol vertroue.

Cherry sê: "Die vorige uitstel was die staat se werk, wat meer klagtes wou byvoeg.

"Die staat moet ons 'n volledige dossier gee, met al die aanklagte." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters