4 dae gelede
Poskantoor kry nuwe raad
Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie.  ~ 

DIE minister van kommunikasie en digitale tegnologie Stella Ndabeni-Abrahams gaan vandeesmaand 'n aankondiging maak oor die Suid-Afrikaanse Poskantoor se nuwe raad.

Meeste van die raadslede is in 2015 aangestel en hul termyne is verleng nadat dit aan die einde van Augustus verstryk het.

Nthabeleng Mokitimi-Dlamini, haar woordvoerder, sê aanstellings sal na verwagting aan die einde van Oktober afgehandel wees.

Die dag-na-dag bestuur sal intussen deur die uitvoerende raad hanteer word.

Die Poskantoor soek ook nog na 'n nuwe uitvoerende hoof nadat Mark Barnes in Augustus bedank het. - Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters