Verlede maand
'Polo-onnie se video' op porn site
Fiona Viotti (30)  ~ Facebook

'N VIDEO van 'n kaalvrou op 'n bed wat met haarself speel is op 'n porn site gelaai met Fiona Viotti se naam daarby.

Viotti (30) het verlede week as waterpolo-afrigter by Bishops bedank na bewerings dat sy 'n sekuele verhouding met 'n matriekleerling gehad het.

Sedertien het verskeie eksplisiete videos en foto's van Viotti op Whatsapp die ronde begin doen.

Die skool het intussen 'n prokureur aangestel om die "ernstige wangedrag" by die skool te ondersoek.

Geen misdaad word ondersoek omdat die betrokke leerder nie minderjarig is nie.

Luidens berigte het die leerder die verhouding verbreek waarna Viotti na bewering dreigende boodskappe aan hom gestuur het.

William Booth, Viotti se prokureur, het Woensdag gesê hy gaan stappe neem om die video van die porn site te verwyder omdat dit sonder Viotti se toestemming gelaai is.

Guy Pearson, hoof van Bishops, het Dinsdag in 'n verklaring bevestig daar is nog leerders wat oor 'n aantal jare deur die beweerde ernstige wangedrag geaffekteer is.

Pearson het gesê die skool doen alles om die geesteswelstand van die leerders, personeel en ander wat deur die "hartseer gebeure" geaffekteer is, te verseker.

Viotti is die dogter van Dave Mallett, 'n geskiedenis-onnie en rugbyafrigter van die skool se eerste span - News24
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters