4 dae gelede
Polisie bekyk ma oor kid se moord
Saps police tape
'n 28-jarige ma is vas vir haar kind se moord.  ~ foto ter illustasie

DIE gemeenskap van 'n village buite Groblersdal het 'n vrou aangeval wat na bewering haar eie seun vermoor het.

Die 28-jarige ma is kort daarna gearresteer.

Brig. Motlafela Mojapelo, ‘n polisiewoordvoerder, sê toe die polisie op die toneel kom, het die gemeenskap hulle na 'n vlak graf in 'n agterplaas geneem waar die seuntjie begrawe was. 

Mojapelo sê die vrou verskyn binnekort in die hof.

Lt. Gen. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, sê dis hartseer dat ‘n kind vermoor is deur iemand wat veronderstel was om hom te beskerm.

Die motief vir die moord is nog onbekend. – The Citizen


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters