6 dae gelede
'Pasop vir Facebook-politici'
DA, democratic alliance
John Steenhuisen, die DA se interim-leier, soek meer politieke aktiviste en minder politieke kommentators.  ~ Gallo Images

KIESERS sal nie weet wat die DA se visie is nie omdat hulle heeldag Facebook posts, twiets, Whatsapp-boodskappe, blogs en op-eds moet lees van DA-lede wat hul vuilwasgoed in die publiek was.

Sò skryf die party se interim-leier, John Steenhuisen, in 'n brief aan partylede.

Hy begin sy brief met hoe opgewonde hy is oor die rigting waarin die party beweeg en noem dan dat dissipline die een element is wat hulle moet reg kry.

"Kiesers gaan net ons visie en wat ons bied verstaan as ons dit aanhoudelik vertel.

"Elke DA-aktivis en lid moet van nou tot en met die munisipale verkiesing en daarna, met kiesers praat oor een ding en net een ding voor jy enige posisie beklee.

"Elke lid moet praat oor hoe ons mag gaan wegvat van die staat wat ons lank gevange hou en dit aan die mense teruggee."

Volgens Steenhuisen is die party se pogings hieroor tot nou ondermyn deur "lede wat meer optree soos politieke ontleders as politieke aktiviste".

"Hoe kan ons verwag mense moet ons boodskap verstaan, as die enigste boodskap wat deur lede uitgestuur word is om te kla oor hul persoonlike issues in die party," voeg hy by.

Steenhuisen sê: "Daardie gedrag is hoogs onprofessioneel, dit doen meer skade en moet tot 'n einde kom.

Hy maan lede: "Wees versigtig vir 'Facebook politicians' wie die DA kritiseer." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters