5 dae gelede
Pasiënt (47) ‘tereggestel’
'n Man is in die hospitaal doodgeskiet.  ~ Foto ter Illustrasie

DURBAN. – Die polisie soek na twee mans wat ’n pasiënt in die Clairwood Hospitaal in Mobeni doodgeskiet het.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, ’n polisiewoordvoerder, het die twee gewapende mans Vrydag 18:30 daar opgedaag.

“Hulle het die 47-jarige pasiënt doodgeskiet.”

KwaZulu-Natal se LUR vir gesondheid, Nomagugu Simelane-Zulu, sê die “execution-style skietery” het in die mans se operasiesaal plaasgevind.

Buitelander

Die gesondheidsdepartement het ook gesê hy wil weer na sy veiligheidsmaatreëls kyk.

Die pasiënt was ’n buitelander wat behandeling ontvang het vir vorige skietwonde.

“Daar word beweer die twee mans het verby die sekuriteitspersoneel van die hospitaal gestorm en na die man se bed gegaan.

“Hy is voor ander pa­siënte in die kop geskiet,” het Simelane-Zulu gesê. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters