16 dae gelede
'Pannekoek-vrou' se killer swaar gestraf
'n 19-jarige man gaan lank sit vir die moord op 'n Bloemfonteinse vrou.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

'N 19-JARIGE man gaan 25 jaar sit weens die moord op Bloemfontein se “pannekoek-vrou”.

Anna Herbst (66) was bekend in Bloeemfontein omdat sy pannekoeke verkoop het.

Die koerant Volksblad het berig Herbst is verlede jaar dood in haar huis op ‘n plot in Martindale gekry. Sy het in ‘n brand in haar huis gesterf.

Drie mans het in die hof verskyn en Lehlenolo Gift Hans (19) het ‘n pleitooreenkoms aangegaan en aan regter Fouché Jordaan erken hy was vir haar dood verantwoordelik. Sy was vasgebind en in die huis gelos toe dit aan die brand gesteek is.

Nog twee mans wat aangekla is vir die moord, Thabo Ntholeng (20) en Mpho Mateu (19) verskyn in Oktober in die Vrystaatse hooggeregshof.

Volgens die Volksblad het Hans aan die hof vertel hulle wou haar beroof omdat sy alleen gebly het. Hulle het R4 000 in haar kar gekry en toe in die huis ingegaan.

Sy het geslaap. Hulle het haar vasgebind en Hans het die huis aan die brand gesteek. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters