26 dae gelede
Pakistani’s se winkels geplunder
geweld in white cityFoto: @crimeairnetwork  ~ 

SOWETO. – Een persoon is doodgeskiet toe geweld gistermiddag hier in White City uitgebreek het.

Volgens ’n woordvoerder van die polisie, lt.kol. Lungelo Dlamini, is buitelanders se winkels geplunder.

“Die polisie is op die toneel en die situasie word dopgehou,” het Dlamini gesê.

Teen gistermiddag kon Dlamini nie nog details oor die skietery gee nie.

“Ons weet nie wie geskiet het nie. Die saak word ondersoek.”

Die polisie kon ook nie verdere besonderhede gee oor hoeveel mense in die geweld beseer is nie.

Volgens inwoners was dit Pakistani’s se winkels wat deurgeloop het. – News24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters