DIE paartjie van Warrenton in die Noord-Kaap wie hul baba in 'n vlak graf begrawe het hou vol dat hulle moes dit doen.
Die baba se pa sê dit was 'n moeilike besluit maar een wat hulle nie kon vermy nie.
Die baba dogtertjie was agt maande oud ten tye van haar dood.
Volgens die pa is die baba aan natuurlike oorsake dood. Omdat hulle nie geld vir 'n begrafnis gehad het nie, en ook geen ander opsies gehad nie.
"Ons het die beste gedoen vir ons kind, wat ons kan.
"Dis okay as hulle my arresteer. Ek het gedoen wat ek moes. Ek is werkloos en het niks."
Hy voeg by dat hulle as familie is na die voorval nie okay nie.
"Ek haat ook wat gebeur het.
Intussen is die bure van die ouers geskok oor die ontdekking in die vlakgraf.
Een buurman vertel dat hulle nooit verwag het dat so iets sal gebeur nie.
Die kind se ouers is deur die polisie vir ondervraging ingevat, maar is intussen deur die polisie vrygelaat. - SABCnuus