10 dae gelede
Pa wat kind (6) rape, kry life
 ~ 

’N STIEFPA van Barkly-Oos in die Oos-Kaap is vir lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van ’n sesjarige meisie.

Die verkragting het op 15 Julie verlede jaar begin.

Kapt. Ursula Roelofse, ’n polisiewoordvoerder, sê die stiefpa, wat 32 jaar oud was ten tyde van die voorval, het die meisie gedreig om vir niemand van die verkragting te vertel nie. Hy het vir haar gesê as sy praat, sal hulle albei gearresteer word.

Die verkragting het plaasgevind wanneer die ma óf nie by die huis was nie, óf wanneer sy dronk was.

Die meisie het uiteindelik haar ma van die verkragting vertel, waarna ’n klag by die polisie ingedien is.

Verwys

Die eenheid gemoeid met gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksmisdrywe in El­liot het die saak ondersoek.

Die saak is toe na die hooggeregshof in Makhanda (Grahamstad) verwys, waar die stiefpa op 3 Mei gevonnis is.

Kol. Matshidiso Gezani, die klusterbevelvoerder, was vol lof vir die ondersoekbeampte, sers. Zamikhaya Sogiba, se goeie ondersoekwerk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters