4 dae gelede
Pa wat 'kids vermoor' voor vir rape
'n Durbanse pa wat na bewering sy drie kinders en stiefdogter vermoor het, is ook aangekla van verkragting.  ~ 

'N MAN van Durban wat na bewering sy drie kinders en stiefdogter na 'n stryery met hul ma vermoor het, staar ook nou 'n klag van verkragting in die gesig.

Die beweerde verkragting het enkele dae voor die moorde plaasgevind.

News24 het voorheen berig dat die man op die dag van die moorde sy 10-jarige seun heen en weer na die snoepie gestuur het om lekkergoed te koop sodat hy genoeg tyd kon hê om sy vier en sesjarige kinders te vermoor.

Hy het daarna die 10-jarige seun soos die ander gehang. Hy het na bewering ook probeer om die stiefdogter te hang, maar sy het weggekom waarna hy haar glo verwurg het.

Die man het Woensdag in die Pinetown-landdroshof verskyn waarna die saak tot November uitgestel is. Die hof was gepak met lede van verskillende politieke partye. -  News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters