13 dae gelede
Pa wat kids vermoor in die hof
Pa van vier verskyn in hof
Pa van vier verskyn in hof  ~ Leon Lestrade

DIE man wat daarvan beskuldig word dat hy sy drie kinders en stiefdogter Dinsdag vermoor het, het nie Vrydag om borgtog aansoek gedoen nie.

Sibusiso Mpungeso het Vrydag met sy eerste verskyning in die Pintetown Landdroshof moeg gelyk.

Na bewering het hy die kinders Dinsdag by die skool opgetel, voor hy die vier by hulle huis opgehang het.

Kuhlekonke (4); Khwezi (6) en Sphesihle (10) het in hul skoolklere aan elkeen se belt gehang.

Sy stiefdogter, Ayakha Jiyane (16), is na bewering met die belt van 'n badkamerjas verwurg. Haar liggaam is later in die bosse in Padfield Park in Pinetown gevind.

Die 44-jarige het toe blykbaar Jiyane se biologiese pa gebel en gesê om "sy pakkie" te kom haal, waar haar liggaam gevind is.

Mpungose is gearresteer terwyl hy probeer selfmoord pleeg het.

Die kinders se ma, Xoli Mpungose, was nie by die hof nie. Familie van die beskuldigde was wel daar.

'n Groot groep ondersteuners van die familie het wel buite die hof bymekaar gekom.

Die saak is nou tot 9 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters