7 dae gelede
Pa wat eie dogter verkrag kry life
'n Noord-Kaapse pa is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die walglike daad.  ~ Foto ter illustrasie

’N 41-JARIGE pa in die Noord-Kaap is in die Olifantshoek-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy sewejarige dogter. 

Luidens SABC News het die hof bevind dat die beskuldigde sy dogter in 2016 in haar kamer in Diepkloof in Olifantshoek verkrag het.  

Daar is berig dat die pa sy dogter uitgetrek het terwyl sy geslaap het, haar slaapbroek in haar mond gedruk het om te verhoed dat sy skree en haar toe verkrag het. 

Na die vieslike daad het hy haar gedreig dat as sy iemand sou sê, hy nie meer geld sou gee vir middagete nie. 

Die slagoffer het haar ma vertel, wat die voorval onmiddellik by die polisie aangemeld het. Die beskuldigde is op dieselfde dag in hegtenis geneem, maar hy is in 2019 op borgtog vrygelaat.

Die beskuldigde is ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit en sy naam is in die nasionale register vir seksuele oortreders aangeteken.

In ’n ander voorval soek die Oos-Kaapse polisie na twee mans wat twee bejaarde vroue in Tsomo verkrag en een van die slagoffers vermoor het.

Die twee vroue van 91 en 75 jaar oud het in dieselfde huis geslaap toe die twee verdagtes die huis binnegekom het.

Intussen word uitspraak in die borgtogaansoek van ’n voormalige onderwyser van die Mbilwi Sekondêre skool in Limpopo wat na bewering drie jaar gelede ’n leerder verkrag het, in die Thohoyandou-landdroshof verwag. 

Die onnie het intussen bedank en die staat staan borg teen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters