Verlede maand
Pa 'voel soos 'n moordenaar'
Pieter en Marietjie Botes  ~  Mlungisi Louw

’N BLOEMFONTEINSE pa sê hy voel soos ’n moordenaar omdat hy besluit het om die masjiene, wat sy sewejarige dogter aan die lewe gehou het, te laat afsit.

Pieter Botes, 'n sakeman in die stad, sê dis iets waarmee hy vir die res van sy lewe sal moet saamleef. 

Botes se dogter Mika, ’n graad 1-leerling aan die Laerskool Dr. CF Visser, is Maandagoggend dood verklaar nadat sy ’n virale breininfeksie opgedoen en in ’n koma verval het.

“As daar niks oor is nie, geen long- of hartfunksie nie, besef jy dat jy haar nie op ’n ventilator kan hou nie. Maar dit is moeilik. Geen woorde ter wêreld kan dit beter maak nie,” het Botes gesê.

Mika het verlede Maandag ’n ligte hoofpyn gehad waarna hulle ’n dokter besoek het. Sy is Dinsdagaand in die hospitaal opgeneem nadat sy ’n epileptiese aanval gehad het.

Sy is daarna met ’n virale breininfeksie gediagnoseer.

Mika is die tweede kind wat Pieter en sy vrou, Marietjie, aan die dood afstaan.

Hul vier maande oue seun, Johan, het 11 jaar gelede by 'n dagsorgsentrum versmoor.

"Jy dink nooit dit sal twee keer met jou gebeur nie. Dit klink onmoontlik, maar dan gebeur die onmoontlike weer," sê Marietjie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters