2 maande gelede
Pa van drie slaan die jongste jackpot los
TJIENG: Dit lyk asof Limpopo die plek is om te wees as jy die Lotto wil wen.  ~ Son

’N PA van drie van Limpopo is die nuutste PowerBall Plus-wenner.

Die gelukkige wenner het in die PowerBall Plus-trekking op 5 Maart ’n heerlike R43 miljoen losgeslaan.

Hy het op sy Nedbank app ’n Quick Pick van R22,50 gespeel.

Hy het aan Ithuba gesê hy wil die geld met sy familie deel.

“Ek wil die geld saam met my familie geniet. Ek en my pa het ons eie besigheid en wil geld daarin belê om die besigheid uit te brei. Dit sal my ook help om werk in my gemeenskap te skep.”

Hy het gesê hy het dit nooit verwag nie.

Vennootskap

“Dis vir my belangrik dat my drie jong kinders ’n goeie opvoeding kry. Ek sal ’n deel van die geld spaar sodat hulle eendag universiteit toe kan gaan.”

Die man is die tweede groot wenner van Limpopo dié maand.

Met die draw van 2 Maart het nog ’n man van Limpopo R51 miljoen gewen.

Charmaine Mabuza, groep-CEO van Ithuba, sê die vennootskap wat hulle met banke het, werp vrugte af.

“Ons is bly om aan te kondig ons het nog ’n banking app-wenner.

“Sedert 2015 is daar reeds R1,3 miljard aan wenners uitbetaal wat die banking app gebruik het.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters