5 dae gelede
Pa 'kill en begrawe eie seun'
bail
'n Pa is gearresteer vir sy eie kind se moord  ~ Foto ter Illustrasie

DEUR sy eie pa vermoor en daarna soos rubbish in 'n vlak graf begrawe.

Dít is wat na bewering met 'n vierjarige seun van Limpopo gebeur het.

'n 35-jarige man, oorspronklik van Lesotho, is intussen gearresteer vir die moord.

Luidens News24 is die bewering dat die pa sy seun oor die naweek versmoor en toe in die yard begrawe het.

Inwoners het die cops Sondag ingelig oor die vlak graf in die verdagte se erf.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê in'n verklaring die verdagte het probeer weghardloop, maar is deur die inwoners gevang en na die toneel geneem.

Mojapelo sê hy is toe deur die inwoners gedwing om die graf op te grawe.

Met die polisie se aankoms by die toneel, was die seuntjie se liggaam reeds opgegrawe. Die polisie moes toe die verdagte van die inwoners beskerm.

Mojapelo sê aan News24 die ma van die kind was tydens die voorval in Gauteng.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters