10 dae gelede
Pa gesoek na 4-jarige se dood
crime,suspect,wanted
Pa van 4jarige gesoek nadat klonkie in huis dood brand.  ~ istock

DIE Noord-Kaapse polisie is opsoek na die pa van ‘n vierjarige seuntjie wie Sondag in Kakamas doodgebrand het.

Brig. Mohale Ramatseba, 'n polisiewoordvoerder sê: “Die pa en ma van die kind het gestry by hulle huis in Hashvalley, kort voor die brand ontstaan het.

“Nadat die pa die ma met ‘n mes gesteek het, het sy met twee van haar kinders na haar suster se huis gevlug. Daar het sy die kans gekry om die polisie te bel. Die pa het met die vier jarige agter gebly.”

Ramatseba sê terwyl die polisie oppad was na waar die vrou was, het hulle 'n huis in Kakamas sien brand.

“Toe ons by die brandende huis kom het die gemeenskap al reeds die vuur probeer blus.

"Dit het later uitgekom die seuntjie was in die huis terwyl dit gebrand het, en hy is in die brand dood.”

Die polisie soek tans na die pa vir ondervraging. - SowetanLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters