3 maande gelede
Ouers het planne vir eie justice
kindermishandelingFoto verskaf  ~ 

OBERHOLZER. – Die polisie het ’n kinderoppasser van die Carletonville-hof af escort nadat sy op ’n klag van kindermishandeling verskyn het.

Nellie Senwametsi (40) is afgeneem waar sy kindertjies in ’n crèche in Carletonville aangerand het. Die video’s is reeds verlede jaar gemaak, maar het eers in Maart vanjaar in die sosiale media uitgekom.

Senwametsi is op 26 Maart op klagte van kindermishandeling gearresteer.

Ouers van kinders by die nou geslote crèche het by die hof saamgedrom.

Polisie moes die verdagte van die hof af begelei toe die woedende mense haar in eie munt wou terugbetaal.

Wraak

Hulle het cops gevra om Senwametsi aan hulle te oorhandig sodat hulle wraak kan neem.

In een van die video’s is ’n dogtertjie gedwing om haar eie kots skoon te maak terwyl Senwametsi haar herhaaldelik slaan. In nog ’n video word ’n kind geslaan omdat die kind weier om te slaap.

Senwametsi is uit op bail van R3 000 en moet nog pleit op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

In die hof het sy stip na die landdros gekyk en geen oogkontak met ander gemaak nie. Ouers en ander hofgangers het vinger na haar gewys en gefluister. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters