7 dae gelede
Oudminister se vrou gearresteer
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Oudminister se vrou is Vrydag gearresteer.  ~ Foto ter illustrasie

'N OUDMINISTER se vrou is Vrydag op klagte van aanranding en opsetlike saakbeskadiging gearresteer.

Brig. Hangwani Mulaudzi, 'n Valke-woordvoerder, sê die verdagte, wat nog nie geïdentifseer kan word nie, is gearresteer nadat 'n lasbrief vir haar arrestasie uitgereik is.

"Klagte van aanranding en opsetlike saakbeskadiging staar die verdagte in die gesig."

Mulaudzi sê die verdagte is in 'n sel in Gauteng en sal Maandag in die hof verskyn.

Hoewel die Valke nie die identiteit van die verdagte wou bekendmaak nie, het 'n video van die beskadigde voertuig reeds die afgelope week op sosiale media viral gegaan.

Die voertuig behoort vermoedelik aan 'n voormalige minister. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters