4 dae gelede
Oud-cop maak glo geld uit familie se moorde
Nomia Ndlovu staan tereg op verskeie moordklagte.  ~ Foto ter illustrasie: Son

'N VOORMALIGE polisiebeampte het na bewering verskeie familielede laat vermoor nadat sy lewensversekering op hulle uitgeneem het.

Die staat beweer R1,4 miljoen in versekeringseise is op dié manier aan Nomia Ndlovu uitbetaal. Dit nadat ses van haar familielede vermoor is. 

Ndlovu is gearresteer nadat sy glo beplan het om haar suster te vermoor.

Videomateriaal van Ndlovu, wat na bewering die moordplan met hit men bespreek, is vandeesweek in die hof gewys. Sy ontken haar betrokkenheid.

Luidens berigte was een van die hit men 'n undercover polisieman. - EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters