22 dae gelede
Oud-cop en skoonmaker vas vir bedrog
sassa
Foto ter illustrasie: Netwerk24  ~  Foto ter illustrasie: Netwerk24

VIER verdagtes van tussen 42 en 62 is die week, deur die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekeenheid en die Vrystaatse anti-korrupsie-eenheid, vir beweerde korrupsie en afpersing gearresteer.

Ao. Lynda Steyn, 'n polisiewoordvoerder, sê 'n Poskantoorbestuurder is na bewering deur een van haar werknemers, wie werk met 'n groep verdagtes, genader om 250 Sassa-kaarte gelaai met kontant te gee.

Vir haar aandeel is die bestuurder R20 000 belowe.

Die saak is by die owerhede aangemeld en vier verdagtes is gearresteer. In hul besit is die 250 Sassa-kaarte gevind. 

News24 berig onder die vier verdagtes is 'n geskorste voormalige polisiebeampte en 'n skoonmaker by die poskantoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters