8 maande gelede
Ou vas vir ongeluk waarin 5 dood is
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Die bestuurder van 'n bakkie is aangekeer op 'n klag van dronkbestuurder.  ~ Foto ter Illustrasie

DIE bestuurder van die bakkie waarmee vyf hoërskolleerders 'n lift gekry het voordat hulle in 'n ongeluk dood is, was na bewering dronk.

Die ongeluk het Dinsdag op die R57 tussen Groblersdal en Mpudulle plaasgevind.

Brig. Motlafela Mojapelo, ‘n polisiewoordvoerder, sê die man (29) sal teregstaan op klagte van dronkbestuur en strafbare manslag.

Die leerders was almal van die Hoërskool AM Mashego in Monsterlus.

Hulle het by 'n vulstasie gestaan en hike nadat hulle eksamen geskryf het.

SowetanLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters