5 dae gelede
Ou vas vir berg drugs
 ~ 

’N MAN (37) het Maandag in Ballitobaai in die hof verskyn nadat hy met heroïen ter waarde van R4 miljoen betrap is.

Volgens kapt. Simphiwe Mhlongo, ’n woordvoerder van die Valke, is die buitelander Siza Dipoko die naweek in ’n townhouse in die spogbuurt Zimbali Wedge in hegtenis geneem.

Verset

Hy sal weer volgende week verskyn vir ’n aansoek om borgtog.

Mhlongo sê hulle het ’n tip-off gekry oor die heroïen wat by die townhouse was.

Volgens Mhlongo het Dipoko hom teen arrestasie verset, maar hy is onder beheer gebring en gearresteer. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters