6 dae gelede
Ou kritiek ná botsing
ongeluk
’n Biker is ernstig beseer toe hy 'n motor getref het.  ~ Foto ter Illustrasie: Gallo Images

’N BIKER is Saterdag ernstig beseer toe sy bike ’n ligte voertuig in Jean-laan in Lyttelton, Centurion, van agter getref het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het hulle paramedici saam met ander nooddienste op die toneel aangekom waar ’n man langs sy bike in die middel van die pad gelê het.

Hy het verskeie ernstige beserings opgedoen en was in ’n kritieke toestand. Hy is op die toneel behandel en toe na ’n hospitaal vervoer. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters