Verlede maand
Ou beseer toe hy leeu try vryf
Pieter Nortjé Foto: FACEBOOK  ~ 

VIRGINIA. – In nóg ’n voorval is ’n man erg beseer toe hy sy arm deur ’n draad gedruk en ’n leeu probeer vryf het.

Pieter Nortjé en sy vrou, Ilze, het die Tikwe River Lodge in dié Vrystaatse dorp besoek.

In ’n video wat gemaak is, kan ’n mens sien hoe hy sy hande deur die heining druk en die leeu vryf.

Nortjé sê toe vir die leeu: “As jy my byt, dan byt ek terug,” terwyl hy die leeu vryf.

Skok

’n Leeuwyfie stap dan nader en vat sy hand in haar mond en byt hom en trek sy arm verder deur die heining.

Nortjé is erg beseer en het skok opgedoen. Hy is na die Katleho-hospitaal in Virginia geneem en later na die Pelonomi-hospitaal in Bloem­fontein oorgeplaas.

Laas jaar in Mei in Thabazimbi, Limpopo, is die eienaar van ’n wildplaas ook aangeval.

In Februarie laas jaar is ’n vrou in Hammanskraal doodgebyt. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters