5 dae gelede
Orania onnie vas vir seks met minderjarige
 ~ 

SY beweerde seksdaad met 'n minderjarige is wat gelei het tot 'n onnie van 'n skool in die whites only-dorp Orania wie nou van statutêre verkragting aangekla gaan word.

Carel Boshoff, voorsitter van die Volkskool Orania-raad, het die arrestasie bevestig.

Boshoff noem: "Die man is op R5000 borgtog, onder streng voorwaardes, vrygelaat.

In 'n verklaring sê Boshoff, "Die beweringe het op 16 September onder Anje Boshoff, skoolhoof van Volkskool Orania, se aandag gekom toe lede van die polisie se kinderbeskermingseenheid die skool besoek het om 'n saak van kindermolestering teen 'n studente-onnie te ondersoek." 

Volgens Boshoff was die wetenskaponnie ten tye van die polisie se besoek in Johannesburg.

Boshoff noem die polisie het nie baie inligting gedeel nie maar dat hulle ondersoek geen verbintenis met die skool of aktiwiteite tydens skool-ure of enige naskool het nie.

Die onnie is via WhatsApp, na 'n bestuursvergadering, meegedeel om met sy terugkeer met die skoolhoof kontak te maak.

Met sy terugkeer op 21 September is hy meegedeel dat hy die skoolperseel en kontak met enige leerder verbied is.

Die onderwyser is op 23 September gearresteer en van statutêre verkragting aangekla. Hy het nog nie op die aanklagte gepleit nie en kan dus nog nie geidentfiseer word nie.

Kapt. Olebogeng Tawana, 'n polisiewoordvoerder, bevestig dat 'n man in die Hopetown landdroshof verskyn en hy is op borgtog vrygelaat. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters