2 maande gelede
Oppasser bedank ná Dros-rape
Nicholas Ninow
Nicholas Ninow Dinsdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria.  ~ deaan vivier

'N VOORMALIGE kinderoppasser van Dros het Dinsdag in die Noord Gautengse hooggeregshof getuig sy het haar werk kort na die beweerde verkragting gelos. 

Sy het getuig in die saak waarin Nicholas Ninow teregstaan vir die verkragting van 'n sewejarige meisie.

Die oppasser sê sy het die dag van die voorval alleen in die kinderhoekie gewerk.

Volgens die kinderoppasser het sy op lunch gegaan toe die sewejarige gevra het om die toilet te gebruik.

"Toe die meisie vra om toilet toe te gaan, het ek haar gevolg want ek was oppad om lunch te vat. Sy het toe by die vrouetoilet ingegaan en ek het verby geloop om lunch te neem," het sy gesê.

Sy verduidelik toe sy na 15 minute terugkeer en vra waar die meisie was, is sy gesê sy is nogsteeds in die toilet.

Die kinderoppasser sê die sewejarige se ma het haar kom soek en sy het die ma na die toilet verwys.

"Die ma het teruggekom en gesê sy kry nie die meisie in die toilet nie. Sy het gevra 'waar is my kind, ek het jou met my kind vertrou, waar is sy'"

Die kinderoppaster het die ma gehelp soek na die meisie en toe agtergekom daar was iemand toegesluit binne die badkamer.

Volgens haar moes vyf mense die deur oopstoot en toe dit uiteindelik oop was, het Ninow probeer om hul met 'n belt te slaan.

"Toe die deur oopgaan, was die meisie die eerste persoon wat ek kon sien. Van wat ek onthou het die meisie voor dit 'n skirt en tights aangehad maar toe die deur oopgaan, het sy net 'n skirt aangehad."

Volgens haar was Ninow kaalbolyf met sy zip oop.

Die duidelike ontstelde getuie, wat in trane was, sê sy het haar werk gelos na die voorval.

Sy sê die ma se woorde spook nogsteeds by haar.

Ninow het Maandag, die eerste dag van sy verhoor, skuldig gepleit op klagte van verkragting, die besit van dwelms en regsverydeling.

Die staat het dit egter verwerp omdat dit verskil van die weergawe van die aanklaer.- Bronne: JacarandaFM, OFM News
Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters