4 dae gelede
'Opod te haastig met sake'
 ~ 

DIE Onafhanlike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) word daarvan beskuldig dat hulle sake voortydig afhandel om prestasiestatistieke te manipuleer.

GroundUp en die eenheid vir ondersoekende joernalistiek, Viewfinder, berig dat Opod binne een dag al 308 sake afgehandel het.

Volgens GroundUp sluit dit aan by wat in 2014 se verslagte van fluitjieblasers in die provinsiale kantore in die Noord-Kaap staan dat die afhandeling van sake gedryf word deur die druk om prestasiestatistieke te genereer.

Sontaga Seisa, ‘n Opod-woordvoerder, gee toe dat hulle maandelikse teikens het om te bereik. Hy sê daar is 'n beperkte aantal ondersoekers wat lang ure werk.

Intussen het vakbond Popcru die bewerings teen Opod as verbasend beskryf.

Richard Mamabolo, ‘n vakbond-woordvoerder, sê die grootste bekommernis is dat daar sowat 'n week gelede gesê is daar is klagte dat meeste mense nie sake aanmeld nie omdat hulle voel die polisie gaan niks daaraan doen nie.

"Dit bou voort op die momentum dat die polisie nie hul werk doen nie en dat sommige dink hulle is verhewe bo die wet." - OFM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters