3 maande gelede
‘Opod-sake is net weg’
ROBERT MCBRIDEFoto: NETWERK24  ~ 

ROBERT McBride, die voormalige hoof van die onafhanklike polisie­ondersoekdirektoraat (Opod), het getuig bewyse het verdwyn terwyl hy onder verdagte omstandighede uit dié pos geskors was.

McBride het gister in Johannesburg by die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê hy en die voormalige Valke-hoof, lt.genl. Anwa Dramat, is geskors.

Hulle skorsing was in verband met die uitlewering van Zimbabwiërs.

Bewyse

Volgens hom het adv. Mxolisi Nxasana, die destydse hoof van die nasionale vervolgingsgesag, gesê daar was geen bewyse teen McBride en Dramat nie.

McBride het later na sy pos teruggekeer.

Hy het getuig daar is bewyse in ’n saak wat Opod ondersoek het wat tydens sy skorsing verdwyn het. Volgens McBride is daar ook valslik gesê Opod se per­form­ance het tydens sy skorsing verbeter.

McBride het verder gesê genl.maj. Berning Ntlemeza, wat in Dramat se plek waargeneem het, het gesê die Valke het tydens Dramat se skorsing verbeter. Ntlemeza het Dramat later op ’n permanente basis vervang. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters