Verlede maand
Opod kyk na 7de Laan-akteur se saak
Photo: Patrick Shai.
Patrick Shai.  ~ Foto Verskaf

DIE Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval waarin die 7de Laan-akteur Patrick Shai met rubberkoeëls geskiet is.

Shai is 11 keer tydens 'n betoging oor elektrisiteit in Dobsonville in Soweto geskiet.

Shai se weergawe is dat hy Maandag as bemiddelaar wou optree tussen betogers en die polisie toe daar op hom losgebrand is.

Sontaga Seisa, Opod-woordvoerder, sê ondersoekers het Woensdag 'n verklaring van Shai bekom.

"Die dossier is geregistreer en is deur Opod oorgeneem vir verdere ondersoek," sê Seisa.

Brig. Mathapelo Peters, 'n polisiewoordvoerder, het Maandag in 'n verklaring gesê die polisie het rubberkoeëls begin skiet om die groot groep betogers uitmekaar te dryf nadat hulle klippe begin gooi het. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters