Verlede maand
Ontvoerde Durbanse sakevrou gevind
Sandra Moonsamy  ~ Facebook

VIER verdagtes het Maandag in verband met die ontvoering van 'n Durbanse sakevrou in die hof verskyn. 

Sandra Moonsamy, wat in Mei in Pinetown uit haar voertuig ontvoer is, is Donderdag vasgeketting in 'n huis in Emalahleni in Mpumalanga gevind.

Die polisie het ook beslag gelê op luukse voertuie ter waarde van R3 miljoen asook 'n vuurwapen by die huis waar sy aangehou is.

Die verdagtes se saak is Maandag uitgestel na 18 November.

Die staat het ook 'n aansoek gebring om die saak in camera te hou. Hulle is bang dit kan die sensitiewe ondersoek belemmer as daaroor berig word.

Luidens die Valke het Moonsamy se ontvoerders 'n losprys van miljoene rande geëis.

Die owerhede werk nou saam met Interpol om vas te stel of die verdagtes (tussen die ouderdom van 30 en 34) buite die land gesoek word. - eNCA
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters