19 dae gelede
Ontvoerde baba gevind
Lt.kol. Lungelo Dlamini  ~ 

'N BABA wat uit 'n hospitaal in Johannesburg ontvoer is, is Vrydagoggend gevind.

Die baba wat Donderdag in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal verdwyn het, is ongedeerd gevind.

Die kind was volgens gerugte tydens besoektyd gevat terwyl die ma gelê en slaap het. Beeldmateriaal van die hospitaal se kringtelevisiekameras het gewys dat 'n middeljarige vrou die kind gevat het.

Die Gautengse gesondheidsdepartement sê die vrou is later met twee verdagtes gesien. Hulle was oppad na 'n kitsbank voordat hulle die baba se kombersie omgeruil het.

Die polisie sê die baba is vroeg Vrydagoggend in Diepkloof gevind nadat die gemeenskap die polisie gebel het.

Lungelo Dlamini, 'n polisiewoordvoerder, sê die baba is in 'n goeie toestand gevind. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters