11 dae gelede
Ontvoer: 2, onnie voor
Amy’Leigh de JagerFoto: twitter  ~ 

DRIE mense, onder wie ’n geskorste Laerskool Kollegepark-onderwyseres, Tharina Human (27), het gister in die Vanderbijlpark Landdroshof verskyn vir die ontvoering van die sesjarige Amy’Leigh de Jager.

Op 2 September het vier mans Amy’Leigh om 07:40 uit haar ma se kar by die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark geruk en met haar in ’n wit Toyota Fortuner weggery.

Nadat haar ontvoerders aanvanklik R2 miljoen vir ’n losprys geëis het, het hulle die plan laat vaar en Amy’Leigh Dinsdag 3 September tussen 02:00 en 02:30 in ’n straat naby The Shakespeare Inn in Vanderbijlpark afgelaai.

Borgtog-aansoek

Human, ’n goeie vriendin van die De Jager-familie, en haar mede­beskuldigdes, Pieter Jacobus van Zyl (50) en Laetitia Nel (40), het voor landdros Hussain Kotha voorgekom.

Die drie word aangekla van ontvoering. ’n Formele borgtog-aansoek word op 19 September deur die drie beskuldigdes gebring.

Die nuus dat een van die ontvoerders ’n onderwyser by die skool is en ’n goeie vriend van die familie, het die gemeenskap van dié dorp in die Vaaldriehoek erg geskok.

Hulle sal tot 19 September in aanhouding bly. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters