5 dae gelede
Ontsnappingspoging by KZN tronk oor Zuma
Twee gevangene is dood tydens onluste in n KZN tronk.  ~ Melinda Stuurman

'N OPROER in 'n KwaZulu-Natal tronk word verbind met die tronkstraf van oudpres. Jacob Zuma.

Sò het 'n senior amptenaar van die departement van korrektiewe dienste aan die parlement vertel.

Volgens die departement het 'n ontsnappingspoging op 12 Julie by die Umzinto Korrektiewe Sentrum met 'n brand begin. Twee persone is tydens die oproer dood.

Phiko Mbambo, waarnemende operasionale bestuurder in KwaZulu-Natal, het aan parlementslede vertel dat sowat 193 inmates by die oproer betrokke was waartydens 'n brand gestig in die logistieke afdeling.

"Daar was gelukkig nie enige ontsnappings nie."

Mbambo het ook genoem oor die ondersteuning van die polisie. Hy sê die cops kon nie in hul voertuie op die paaie ry nie en 'n helikopter moes gekry word.

"Dit het baie help, omdat ons die situasie kon beheer."

Hy noem verder dat daar is nog 'n ondersoek aan die gang en hulle maak vordering.

"Een persoon het reeds aangedui dat hy die oproer begin het. Hy steek dit nie weg nie, en ander gevangenes in een van die selle het dit ook bevestig.

"Daar is leidrade dat die inmate met persone buite die tronk gewerk het en dat dit verband hou met die tronkstraf van die voormalige president." - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters