2 maande gelede
‘Ons worry oor Guptas’
themba masekoFoto: netwerk24  ~ 

DIE voormalige nasionale regeringswoordvoerder Themba Maseko sê hy hoop meer mense sal met inligting oor staatskaping na vore kom.

Hy het gistermiddag begin getuig by die kommissie van ondersoek na staatskaping.

Volgens Maseko het die omstrede Gupta- familie hom genader en verdagte eise gemaak.

Volgens hom het hulle hom gevra om sekere kontrakte van die regering se kommunikasie-afdeling aan hulle toe te ken sonder om die nodige prosesse te volg.

“Hulle het my gevra om die wette van die land te breek deur die eise wat hulle aan my gemaak het.”

Maseko het getuig hy en ’n paar direkteurs- generaal het in 2016 aan oudpres. Jacob Zuma en die oudminister van finansies Pravin Gordhan geskryf.

Fout

Hulle het hulle kommer uitgespreek oor staatskaping en die manier hoe die Gupta-familie in beheer was van sekere regeringsdepartemente en staatsmaatskappye waar verkrygingsprosedure glo verbreek is. Volgens hom is die brief ook aan die kantoor van die adjunkpresident gestuur.

Maseko het ’n fout gemaak toe adjunkhoofregter Raymond Zondo hom vra wie was die adjunk-president in 2016. Hy het gesê dit was Kgalema Motlanthe pleks van Cyril Ramaphosa.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters