25 dae gelede
Onnie in Amy'Leigh-saak 'skuld Nigeriër'
Die verdagte, Tharina Human, het in die Vanderbilj
Tharina Human  ~ gallo images

DIE meesterbrein in die sesjarige Amy'Leigh se ontvoering het dit gedoen omdat sy na bewering vir 'n Nigeriër geld geskuld het. 

Só het die ondersoekbeampte in die saak, konst. Clayton Motloung, Donderdag in hul borgtogaansoek getuig.

Tharina Human, 'n onderwyser by Amy'Leigh se skool, Pieter van Zyl en Laetitia Nel, staan tereg op klagte van ontvoering.

Volgens Motloung het Amy'Leigh se ma, Angeline, gesê 'n man het op die dag van die voorval eers na haar vyfjarige seun gegryp. Die man het hom toe gelos en vir Amy'Leigh gevat.

Motloung sê twee ure na die ontoering het 'n African man vir Amy'Leigh se pa, Wynand, gebel.

Die man het R2 miljoen gesoek. 

teacher
Amy'Leigh de Jager.

Die nommer is getrace en het die polisie tot by Laetitia Nel gelei wat familie van Human is.

Nel het aan die polisie gesê die ontvoering was Human se idee en dat Pieter van Zyl (50) daarmee gehelp het.

Motloung het getuig hoe Nel hulle na Van Zyl se huis gevat het, waar 'n African man weggehardloop het. 

Volgens Motloung was die aanvanklike plan om Human se ontvoering te stage sodat haar familie die losprys kan betaal.

Die beskuldigdes het later van plan verander en vir Amy'Leigh ontvoer. - The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters