19 dae gelede
Onnie geskors oor hy met gun toesig hou
 ~ 

Dis geen geheim dat onnies met sommige leerders maar sukkel as dit by dissipline kom. Een onderwyser het dalk ‘n bietjie te ver gegaan om seker te maak daar is discipline in sy klas.

Die 26-jarige onnie van Mpumalanga is geskors oor hy met ‘n gun in die hand in ‘n eksamenlokaal toesig gehou het.

Netwerk24 berig die voorval het Maandag by die Mabusabesala Sekondêr in Weltevrede plaasgevind.

Die provinsiale onderwysdepartement sê hulle beskou die voorval as ernstig en ‘n ondersoek is reeds geloods.

Daar sal ook Maandag beamptes na die skool gestuur word, om berading aan leerders te bied, vir die wie moontlik deur die optrede getraumatiseer is.

“Hierdie is ‘n geisoleerde voorval. Ongeag die omstadighede kan dit egter nie geduld word nie,” lees ‘n verklaring deur die departement. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters