6 dae gelede
Onluste-arrestasies kan gevangenisse oorweldig
Ronald Lamola
Ronald Lamola, minister van korrektiewe dienste.  ~ (Jan Gerber/News24)

Verskeie korrektiewe dienste is tot op die rand gevul weens die onluste in KwaZulu-Natal.

Ronald Lamola, minister van korrektiewe dienste, het die komitee vir korrektiewe dienste Woensdag in die parlement ingelig dat die groot aantal arrestasies in verband met laas week se onluste die gevangenisse landwyd kan oorweldig.

Lamola se meer as 2000 mense is in hegtenis geneem in verband met die geweld in die twee provinsies.

"Ons het 'n groot aantal verhoorafwagtende verdagtes in KwaZulu-Natal en Gauteng gekry weens onlangse kriminele dade en geweld," sê Lamola.

Hy se tot op hede is altesaam 1 498 verhoorafwagtende verdagtes in ons fasiliteite opgeneem.

Lamola sê nuwe gevangenes moet tyd in isolasie spandeer weens die oplewing in Covid-19-infeksies.

"Ons fasiliteite is uitgerek weens oorbevolking en ons uitdagings word ook vererger deur die Covid-19-pandemie. Ons hou egter aan om die uitdagings te mitigeer deur middel van verskillende maatreëls." -Jacarandafm

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters