5 maande gelede
Oliefabriek dalk op pad
OlieraffinaderyFoto: WIKIMEDIA  ~ 

SUID-AFRIKA onderhandel met Saoedi-Arabië oor die bou van ’n olieraffinadery, het Jeff Radebe, minister van energiesake, Donderdag gesê.

“Die raffinaderye in die land word ouer en kan nie meer doen wat nodig is nie. Ons kort nuwe infrastruktuur om te voldoen aan die toenemende vraag na petrol en diesel.

“Ons praat met lande wat olie produseer oor nog raffinaderye in Suid-Afrika,” het Radebe in sy verwelkomingstoespraak by ’n Kaapse simposium oor gebrekkige energie­lewering gesê.

Later in ’n onderhoud het hy gesê hy onderhandel met die Saoedi’s oor ’n suiweringsfabriek. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters