4 maande gelede
Nuwe wonings vir Wuppertallers
Huise in Wuppertal na die brand.  ~ eldridge jason

DIE Wes-Kaapse departement van menslike nedersettings het 53 tydelike wooneenhede aan inwoners van Wuppertal oorhandig.

Laas jaar het 'n verwoestende brand 53 huise in dié sendingdorpie vernietig en 200 mense dakloos gelaat. 

Die skoolkoshuis, kliniek, stadsaal en die historiese  Morawiese-sendingstasie is ook geaffekteer. 

Tertuis Simmers, LUR vir menslike nedersettings, het Maandag die eenhede, wat deelvorm van 'n projek wat in April begin is, oorhandig.

"Niemand verdien om so 'n tragedie te ervaar nie," het Simmers gesê

Hy het ook sy medelye gedeel met die familie en die gemeenskap met Johanna Sofia (90) se dood in die brand. 

Simmers het die Morawiese Kerk bedank dat hulle ingestem het om die kragnetwerk vir die eenhede te implementer.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters