10 dae gelede
Nuwe twis in Brendin Horner-moordsaak
Sekola Matlaletsa (44) en Sekwetje Mahlamba (32), die beskuldigdes in die Brendin Horner-moordsaak.  ~ Alex Mitchley / News24

DIE beskuldigdes in die Brendin Horner-moordsaak gaan weer om borgtog aansoek doen nadat DNS-uitslae hulle nie met die voorval kon verbind nie.

Horner (21), ’n plaasbestuurder van Paul Roux naby Senekal in die Vrystaat, is verlede jaar in Oktober vermoor. Hy is verwurg en verskeie kere gesteek.

Algoa FM berig die gebrek aan DNS-bewyse beteken die staat se saak steun nou op die getuienis van ooggetuies wat na bewering gehoor het hoe die verdagtes in ‘n tavern skuld erken het.

Sekwetja Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (44) se regsverteenwoordiger gaan nou weens nuwe getuienis weer ’n borgtogaansoek bring.

Albei het onskuldig gepleit en het deurentyd volgehou die bloed, wat op hul klere gevind is, is dié van ‘n dier wat hulle geslag het.

Die borgtogaansoek gaan Dinsdag voor ‘n nuwe landdros aangehoor word.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters