Verlede maand
Nog 'n boer in VS vermoor
 ~ 

DIE polisie het reeds 'n verdagte gearresteer in verband met die moord van 'n opkomende boer in Vrystaat.

Hy is Donderdag op 'n plaas in die Mafube plaaslike-munisipaliteit gevind met sy keel gesny.

Moeketsi Sempe, die Vrystaatse provinsiale kommissaris, het Vrydag tydens 'n media-inligtingsessie gesê die oorledene se beeste is gesteel, maar is weer later teruggevind.

Sempe sê die verdagte is met behulp van 'n skaapwagter op die plaas gearresteer.

Sempe sê die polisie werk hard om te verseker dat daar effektiewe en doeltreffende polisiëring in sulke gebiede is. -OFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters