8 dae gelede
Nog dosisse entstof kom die naweek
Die volgende besending entstof kom Saterdag in die land aan.  ~ Foto ter illustrasie: Gallo iStock

DIE volgende besending van die Johnson & Johnson-entstof gaan Saterdag in die land aankom, het die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, Dinsdag in die parlament gesê.

Mkhize het ook bekendgemaak dat meer as 23 000 mense reeds teen Maandag ingeënt is en dat dié getal teen Woensdag tot 40 000 kan groei.

Hy sê nog 80 000 dosisse van die J&J-entstof word die naweek verwag terwyl verdere gesprekke vir nog entstowwe met die Russe, Chinese en Kubane gevoer word.

Die AstraZeneca-entstof, wat min beskerming teen die Suid-Afrikaanse variant van die corona-virus gebied het, is intussen aan die Afrika-Unie verkoop. Mkhize sê meeste Afrika-lande het nie probleme met die nuwe variant nie.

Shaun August van die Good Party het in reaksie op Mkhize se aankondiging daarteen gewaarsku om die inentings as 'n politieke speelbal te gebruik.

‘‘Lewens is op die spel. Kom ons gaan voort om op die wetenskap te fokus en die versoeking te weerstaan om punte vir volgende jaar se verkiesing aan te teken,’’ het August gesê.

‘‘Kom ons fokus op die logistieke om die land veilig in te ent terwyl ons alles in ons vermoë doen om die kwesbare mense te ondersteun wie die meeste onder die ekonomiese onstuimigheid deurgeloop het.’’ - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters