27 dae gelede
Nóg arrestasies ná kerkdrama
Twee vermeende faksies van die International Pentecostal Holiness Church het op mekaar losgebrand.  ~ Felix Dlangamandla

MEER as 70 verdagtes is tot nou al gearresteer in verband met die gyselaarsdrama waarin vyf mense oor die naweek by die International Pentecostal Holiness Church aan die Wes-Rand doodgeskiet is.

Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, se: "Ons het nog verdagtes gearresteer. Saam met die 31 vuurwapens waarop ons Sondag op beslag gelê het, het die aantal arrestasies tot 75 gestyg. Alle verdagtes bly in aanhouding."

Die arrestasies kom ná Bheki Cele, minister van polisie, Sondag tydens sy besoek aan die kerk verseker het dat meer gedoen sal word om hul sekuriteit te verseker.

Vyf mense is Saterdagoggend doodgeskiet toe 'n splintergroep na bewering die kerk binnegegaan en meer as 200 gemeentelede vir ure gyselaar gehou het.

Die kerk gaan gebuk onder 'n leierskapstryd sedert die stigter se dood in 2016.

Abiel Wessie, die kerk se woordvoerder, sê die kerk se Jerusalem-tak sit agter die aanval. - EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters