13 dae gelede
Nóg 3 voor in asbesdaksaak
BLOEMFONTEIN, SOUTH AFRICA - NOVEMBER 13: ANC Secr
Ace Magashule tydens 'n vorige verskyning.  ~ Frikkie Kapp, Gallo Images

DRIE nuwe dikdinge is tot die sogenaamde asbesdaksaak gevoeg waarin die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, ook 'n beskuldigde is.

Nozipho Molikoe, finansiële hoof van die departement van menslike nedersettings in die Vrystaat, Thabiso Makepe, hoofingenieur in dieselfde departement, en Albertus Venter, 'n prokureur wat voorheen departementshoof in Magashule (toe hy nog premier van die Vrystaat was) se kantoor was.

Luidens die nuwe akte van beskuldiging het Venter vertroulike inligting gehad oor beweerde onwettige aktiwiteite in Magashule se kantoor, maar het dit nie aangemeld nie.

Die drie is op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Die beskuldigdes, wat nou tot 13 gegroei het, staan tereg op klagte van bedrog, geldwassery en korrupsie. Die klagte hou verband met die omstrede asbesdak-oudit van R255 miljoen wat tussen 2014 en 2016 in die Vrystaat uitgevoer is.

Die saak is tot 11 Augustus na die Vrystaatse hooggeregshof vir voorverhoor oorgeplaas. - TimesLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters