7 dae gelede
Nene getuig oor EFF-hoë
Nhlanhla NeneFoto: NETWERK24  ~ 

NHLANHLA Nene, oudminister van finansies, het gister voor die Zondo-kommissie getuig.

Nene het die voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, vertel van ’n SMS wat hy van Floyd Shivambu, EFF-adjunk, ontvang het toe hy nog ’n minister was.

Volgens Nene het die boodskap gegaan oor die VBS-bank. Dié bank is laas jaar gesluit oor die plundery van miljarde rande deur mense met politieke konneksies.

Sakeman

Nene sê Shivambu het gevra hy moet keer dat die bank onder kuratorskap geplaas word.

Die kurators en ondersoekers het bevind Shivambu se broer, Brian, het geld van die bank gekry en na die EFF-geldsak oorgeplaas.

Nene vra die kommissie om ook na Sars te kyk. Volgens hom het Sars die sakeman Adriano Mazzotti ondersoek.

Tom Moyane, destydse Sars-hoof, het egter dié ondersoek gestop.

Adv. Dali Mpofu, EFF-voorsitter, sê Moyane se regsverteenwoordiger en Mazzotti het vroeër geld aan die EFF geskenk. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters