Verlede maand
Nege hackers vas oor miljoene
Kuilsrivier gevind.  ~ 

NEGE mense is agter tralies vir bedrog.

Die verdagtes het na bewering in 2019 die Stad Tshwane se munisipale-stelsel van gehack.

Katlego Mogale, 'n woordvoerder van die Valke, sê slegs Cheryl Nel (59) en Glen Spambo (39) is Vrydag borgtog van R10 000 elk toegestaan.

Die ander sewe verdagtes is borgtog geweier. Merriam Mogoera (60), Clement Makhanya (45), Mzamo Gumede(23), Martin Nhlapo (49), Christiaan Mnqayi (51), Wandile Malinga (38) en Castano Manuel (48) sal volgende Vrydag 'n hofverskyning maak vir hul formele borgtogaansoek. 

“Kontant is na verskillende bankrekeninge uitbetaal, insluitend dié van Ayakhula Trading. Die voormalige direkteur van die maatskappy, Nkosinathi Sithole (44) en Ivo Gunter Wegrostek (63), is kort ná die bedrieglike transaksie in hegtenis geneem." 

Mogale voeg by: “Ayakhula Trading word ook betrek by soortgelyke bedrieglike aktiwiteite, waar ’n sindikaat ’n JSE-trusteerekening van sowat R1 miljard geteiken het.

“Danksy ’n Absa-bankier se vermoede van onreëlmatighede het die nasionale taakspan nege mense verbind met die aanval op die munisipaliteit.“ - Jacaranda FM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters