3 dae gelede
Ndlovu-uitspraak oor 'n week
Nomia Ndlovu
Nomia Ndlovu  ~ Xanderleigh Dookey Makhaza

UITSPRAAK is voorbehou in die verhoor van Nomia Ndlovu wat van bedrog en moord aangekla word.

Hofverrigtinge is Donderdag in die hooggeregshof in Palm Ridge vir die laaste argumente hervat.

Slotbetoë van die staat en verdediging is aangehoor.

Die staatsaanklaer, adv. Riana Williams, het aan die hof genoem dat daar genoeg getuienis voor die hof is om Ndlovu skuldig te bevind.

Die voormalige polisiebeampte van Tembisa word daarvan beskuldig dat sy hits op haar familie beplan het. Dit sluit in op haar ma en suster, om uitbetalings op verskeie versekeringspolisse te kry.

Ndlovu ontken enige betrokkenheid by die dood van vyf van haar familielede, en haar lover tussen 2012 en 2018.

Sy ontken ook dat sy die moord op haar suster, Joyce Ndlovu, en haar vyf kinders beplan het, toe sy in hegtenis geneem is.

Ndlovu het na bewering sowat R1,4 miljoen uit versekeringseise geëis.

Uitspraak sal na verwagting volgende Vrydag gelewer word. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters