6 dae gelede
Myeni 'te broke' om hof te loop
Dudu Myeni  ~ 

DIE voormalige raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is na bewering só platsak dat sy nie haar hofsaak kan bywoon nie.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) wil hê die hooggeregshof in Pretoria moet Myeni, wat vanaf Desember 2012 en Oktober 2017 as SAL se raadsvoorsitter gedien het, as misdadige direkteur verklaar.

As die hof in hul guns beslis, sal sy nie meer as direkteur van 'n maatskappy kan dien nie.

Myeni, wat op die raad van 13 maatskappye dient, het Maandag haar hofdatum misgeloop omdat sy na bewering nie petrolgeld of verblyf kan bekostig nie.

Boonop is sy haar regsverteenwoordiger Daniel Mantsha ook kwyt.

Mantsha, wat Myeni sedert 30 September nie meer verteenwoordig nie, was Dinsdag hoflik genoeg om in die hof te verskyn om namens haar te verduidelik.

Volgens Mantsha het hy kontak met Myeni gemaak wat hom ingelig het dat sy vir regsverteenwoordiging gereël het wat Donderdag namens haar 'n aansoek vir uitstel gaan bring.

Die hooggeregshof het Myeni egter kans gegee tot die einde van Woensdag om haar aansoek in te dien.

Die hof sal Donderdag daaroor beslis. - News24





Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters